02 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 02-06-2025 só ingevul:
Onthou om ........ aan te smeer voor jy gaan swem.
sonskerm sonskerim sonskêrm sonskerem
Wanneer ’n mens (verkeerdelik) ’n ekstra klank in ’n woord uitspreek en skryf, noem ons dit klanktoevoeging, byvoorbeeld die tweede "e" in "sonskerem" in plaas van die korrekte "sonskerm" en die eerste "r" in "burgermeester" in plaas van die korrekte "burgemeester".
Sien ook die bladsy Invoeging van konsonante of vokale.
Internasionale markte hou van ........ regerings.
stabiele stabile stabiel
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("stabiel"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
In die winter groei hier baie ........ .
Varkblomme Vark-blomme vark blomme varkblomme
Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters al is die eerste deel van die samestelling van die naam ’n eienaam, byvoorbeeld "varkblomme", "sederbergghwarrie", "zambezihaai" (AWS 9.7a).
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.
Die woord "nes" in die volgende sinne is ’n ........ . Sy lyk nes haar ouma. Die duif bou ’n nes in ons tuin.
homoniem sinoniem antoniem homofoon
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "nes" (sametrekking van 'net soos’) en "nes" (‘broeiplek’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)