Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 12-06-2025 (vlak 2)



vorige toets 12 JUN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 12-06-2025 só ingevul:



Gedurende ʼn ........ kry almal finansieel swaar.
depressi
99 % (afgerond)depressie 
1 % (afgerond)dipressie
dipressi

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



Dit was die ........ vertoning wat ek nog gesien het.
meer komieklik
6 % (afgerond)mees komieklikste
meer komiekliker
94 % (afgerond)komieklikste 

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “komieklik”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “komiekliker” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die komieklikste”. Sommige trappe van vergelyking volg egter nie die patroon nie, byvoorbeeld “goed” (stellende trap), “beter” (vergrotende trap) en beste (oortreffende trap).
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Wat noem ons 'n inwoner van Stellenbosch?
Stellenbosseliet
25 % (afgerond)Stellenboscher
75 % (afgerond)Stellenbosser 

Iemand wat van Stellenbosch kom, is 'n Stellenbosser met Stellenbosse gewoontes.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.



Die herstel in die land se ekonomie is bewys dat dit veerkrag het en krisisse kan oorkom.
Wat is die woordsoort van "veerkrag" in bostaande sin?

8 % (afgerond)bywoord
25 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
56 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
11 % (afgerond)werkwoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “veerkrag - die veerkrag – veerkragte”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties