Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 13-06-2025 (vlak 3)



vorige toets 13 JUN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 13-06-2025 só ingevul:



Ek het 'n ........ gemaak; ek hoop die baas sal my vergewe.
29 % (afgerond)reuse fout
71 % (afgerond)reusefout 
reus fout
reusfout

Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie, in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.
Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.
Bron: WAT/BA
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Hoewel ek niks verwag het nie, het die komitee my ʼn mooi ........ gegee vir die vertaalwerk wat ek vir hulle gedoen het.

2 % (afgerond)satisfikasie
97 % (afgerond)gratifikasie 
2 % (afgerond)dankbaarheid

Die woord "gratifikasie" is nie 'n anglisisme nie en verwys na 'n som geld wat aan iemand uitbetaal word aan die einde van diens. Dit kom uit die Latyn "gratificatio" wat 'tevrede stel' of 'guns bewys' beteken.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



Idioom: Die ........ wil slimmer wees as die hen.
47 % (afgerond)kuiken
43 % (afgerond)eier 
6 % (afgerond)haan
4 % (afgerond)wurm

Die uitdrukking "die eier wil slimmer wees as die hen" word gesê as 'n student sy/haar leermeester wil teregwys.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo.)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



[ə] ........ 'n middelvokaal.
10 % (afgerond)Is
17 % (afgerond)Is of is
72 % (afgerond)is 

Indien 'n sin met 'n syfer, getal of simbool begin, kry die daaropvolgende woord, of die eerste letter daarna, nie 'n hoofletter nie.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties