12 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 12-06-2025 só ingevul:
Ná die ........ ontploffing het die vliegtuig vinnig neergestort.
brusante brisant brisante brusant
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan. Die woord "brisant" is taamlik onbekend maar beteken 'vinnig ontploffend'. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Dit lê op die ........ van my belangstelling.
periverie periferie perriferie perriverie
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Een van die belangrike sondebokke is "f/v". Die betekenis van "perifeer" is 'nie sentraal', 'aan die buitekant'. Die "periferie" is die 'buiterand', of in meetkunde beteken die woord 'sirkelomtrek'.
Dit is beter vir 'n mens se gesondheid om ........ te wees.
vergewingsgesind vergewing-gesind vergewensgesind vergewengesind
Daar kom feitlik altyd 'n verbindingsklank voor wanneer die tweede komponent van ’n samestelling "-halwe", "-waardig", "-weë" of "-gesind" is.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Tanya is deesdae 'n ........ in filosofie.
doktor of dokter dokter doktor doktir
Sommige woorde lyk eners maar word verskillend gebruik, soos "dokter - doktor", “tewens – trouens” en “mits – tensy”. ʼn Mens moet gewoon hierdie woorde leer. Die woord "dokter" verwys na 'n 'mediese dokter' teenoor "doktor" wat na 'die hoogste akademiese graad' verwys. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)