19 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 19-06-2025 só ingevul:
Die ou ........ is verlate, want die boer en sy vrou woon nou op die dorp.
op-stal op stal opstal
ʼn Samestelling ("opstal") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("op" en "stal") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die groot ........ sterk bokser het sy teenstander maklik geklop.
: Geen leesteken nie , ...
Die komma word tussen byvoeglike naamwoorde (wat by selfstandige naamwoorde behoort) as ruspunt in 'n sin gebruik.
Sien ook die bladsy Komma.
Hoeveel ........ is in jou pond?
ônse onsens onse ônsens
Die idioom "hoeveel onse is in jou pond" beteken 'wie word almal by "ons" ingesluit'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Jan is die baas en ek as ........ moet maak soos hy sê.
Klaas Claes klaas claes
Jy noem iemand 'n "klaas" as hy vir 'n baas werk. Wanneer "Klaas" met 'n hoofletter geskryf word, dui dit op iemand se naam.
Sien ook die bladsy Eienaamverbleking.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)