Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 15-07-2025 (vlak 3)



vorige toets 15 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 15-07-2025 só ingevul:



Die skape ........ nie graag vroegoggend nie.
97 % (afgerond)wei 
2 % (afgerond)wy
wui

Om tradisionele redes word hierdie diftong soms deur "ei" en soms deur "y" weergegee. Al is beide "wei" en "wy" Afrikaanse woorde, is "wei" die korrekte een in hierdie konteks.
Sien ook die bladsy Diftonge.



Die ........ se kinders het vir die vakansie kom kuier.
2 % (afgerond)Strausses
4 % (afgerond)Straus'se
62 % (afgerond)Strausse 
32 % (afgerond)Strauss'e

Naamwoorde wat op “-s” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm en geen afkappingsteken nie.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Nigerië het vier buurlande, naamlik Benin, Kameroen, Niger en ........ ?
50 % (afgerond)Tsjad 
5 %Tshad
42 % (afgerond)Tsjaad
3 % (afgerond)Chad

Die Republiek Tsjad (voorheen Tsjaad; Engels: Chad) is 'n land in Sentraal-Afrika. Dit grens aan Libië in die noorde, die Soedan in die ooste, die Sentraal-Afrikaanse Republiek in die suide, Kameroen en Nigerië in die suidweste en Niger in die weste.
Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/Tsjad
Sien ook die bladsy Plekname.



........ my dat ek vandag melk moet koop.
Ondhou
88 % (afgerond)Herinner 
4 % (afgerond)Herhinner
8 % (afgerond)Onthou

In hierdie geval word "herinner" gebruik. As jy sê: "Onthou my", beteken dit dat jy daardie persoon self nie moet vergeet nie.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
74% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties