10 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 10-07-2025 só ingevul:
My sussie se kind is die kleinste ........ in die familie.
Cillierskie Cilliersjie of Cilliers'jie Cilliers'tjie Cillierstjie
Eiename wat eindig op "rs" wat nie uitgespreek word nie, kry 'n verkleiningsvorm met "-'tjie". In Afrikaans word "Cilliers" uitgespreek as 'sil-jee'.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Die soldaat lig sy vuis ........ .
slegs triomfantlik slegs triomfantelik slegs triomphantelik triomfantlik of triomfantelik
As jy iets met triomf doen, doen jy dit triomfantlik. Ons kan dit ook "triomfantelik" spel.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die ........ het belangrike poste en gewoonlik ook baie geld.
hoolui hoëlui hoo lui hoë lui
Byvoeglike naamwoorde (soos “hoog” of “warm”) word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos “lui” of “kos”) geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
Die ........ van die koshuis sê die brand het omstreeks twee-uur die oggend uitgebreek.
inwoners bewoners woners
Die woorde "bewoner" en "inwoner" is semanties baie na aan mekaar. 'n Duimsuigreël wat gebruik kan word, is om te sê dat 'n inwoner dikwels een of ander amptelike status binne 'n spesifiek begrensde geografiese gebied het, byvoorbeeld 'n inwoner van 'n land, provinsie of stad. Vir die meeste ander gevalle gebruik 'n mens "bewoner". 'n Mens sal dus praat van "eilandbewoners", maar "inwoners van die Maledive". Bron: https://onzetaal.nl/taaladvies/advies/bewoner-inwoner
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)