07 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 07-07-2025 só ingevul:
Die dokter sê ek moet op my ........ slaap.
sui sy sei
As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "sui" in plaas van die korrekte "sy".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
'n Russiese vliegtuig is onlangs deur rebelle ........ .
afgeskiet geafskiet af geskiet geäfskiet
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Die dag in die middel van die week staan bekend as ........ .
wunsdag woensdag Wunsdag Woensdag
Die dae van die week ("Woensdag"), name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.
Ons kaptein is John Williams en ons eerste ........ is Johan Vermeulen.
offisier offesier ofissier offissier
Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld "offisier", "hidroulies" en "kwadrupleeg".
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)