02 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 02-07-2025 só ingevul:
Die sluitingsdatum vir aansoeke is 22 Junie: ........ laat aansoeke sal oorweeg word nie.
géén Géén gèèn Gèèn
'n Dubbelpunt word gebruik vóór 'n aanvulling of 'n verduideliking wat ná 'n voorafgaande sin verwag word, en 'n hoofletter volg na die dubbelpunt as die sinsdeel 'n volsin is. Die akuutteken word gebruik vir nadruk.
Sien ook die bladsy Dubbelpunt.
Die ........ babadogtertjie is blakend gesond ná 'n suksesvolle operasie.
sesweek oue ses weke oue ses-week oue ses-weke-oue
Woorde wat tydsduur of mate aandui ("weke") gevolg deur ’n byvoeglike naamwoord ("oue") word los geskryf byvoorbeeld "16 maande lange", "ses weke lange" en "drie uur lange".
Sien ook die bladsy Samestellings.
ʼn Inwoner van Moskou is 'n ........ .
Moskowiet Moskower Moskouër Moskouliet
Iemand wat van Moskou (die hoofstad van Rusland) kom, word ʼn "Moskowiet" of "Moskouer" (sonder ʼn deelteken-e) genoem. In die AWS is ʼn omvattende lys van buitelandse geografiese name met afleidings.
Idioom: Die ou ........ is dood en die jonges eet brood.
profete werkers familie geslag
Die idioom, "die ou profete is dood en die jonges eet brood," beteken dat 'n mens nie op enigeen se voorspelling kan staatmaak nie. Dit is moontlik ontleen aan die Bybel (Amos 7:12) waar Amasia eis dat Amos na Juda moet gaan en daar brood eet en profeteer. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)