07 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 07-08-2025 só ingevul:
Ons behandel mense om hul ........ te verbeter.
denk-prosesse dink prosesse dink-prosesse denkprosesse
ʼn Samestelling ("denkprosesse") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("denk" en "prosesse") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Ons ma is baie gesteld op ........ .
hiegieëne hiegiëne higiëne higieëne
Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken.
Sien ook die bladsy Deelteken.
........ , hond! skree hy toe die hond op hom afstorm.
Sien jy Siejy Sie jy Sienjy
Tussenwerpsels is kort woorde, gewoonlik gevolg deur ʼn uitroepteken, wat ʼn bepaalde emosie aandui. Die woord "siejy" word gewoonlik gebruik om 'n hond weg te jaag. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.
Verskeie ........ het gelei tot die stigting van nuwe kerkgenootskappe.
godsdienstwiste Godsdienstwiste Godsdienstwiste of godsdienstwiste
Samestellings en afleidings met "god-" as eerste element wat nie meer as eiename optree nie, begin gewoonlik met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)