Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 07-07-2025 (vlak 3)



vorige toets 07 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 07-07-2025 só ingevul:



Eskom het aangekondig dat beurtkrag vandag tussen 10:00 en 22:00 ........ sal word.
5 % (afgerond)uitgevoer
95 % (afgerond)ingestel 
opgevoer
uitgestel

'n Besluit of bevele word "uitgevoer". Die woord "instel" beteken 'aan die gang sit'.
(Bron HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Ons sal ʼn plan moet maak om die ........ wattelbome in die kloof uit te roei.

20 % (afgerond)oerwoud
1 % (afgerond)vloot
54 % (afgerond)kolonie 
25 % (afgerond)klomp

ʼn Versameling indringerplante word ʼn "kolonie" genoem. (Bron: WAT)

Sien ook die bladsy Versamelname.



Mosambiek het voorheen bekend gestaan as ........ .
42 % (afgerond)Portugees Oos-Afrika
1 % (afgerond)Portugeesoosafrika
52 % (afgerond)Portugees-Oos-Afrika 
6 % (afgerond)Portugees Oos Afrika

In meerledige geografiese name wat bestaan uit 'n eienaamelement plus 'n voorbepaling wat die onverboë vorm van 'n byvoeglike naamwoord is wat normaalweg 'n attributiewe "-e" neem, word die voorbepaling met 'n koppelteken aan die hoofelement vas geskryf.
Ander voorbeelde sluit in: "Ekwatoriaal-Guinee", "Spaans-Noord-Afrika" en "Brits-Columbië". (Bron: AWS 12.31)
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Voor die hofsaak begin, het die klerk die dokumente ........ van belangrikheid gerangskik.
88 % (afgerond)in volgorde 
in order
11 % (afgerond)in orde

Om te sê "in orde" in hierdie sin, word as anglisisties beskou. In Afrikaans is 'n "order" 'n bevel of aanwysing, en dit dui nie op volgorde nie.
Sien ook die bladsy Anglisismes.



TOTAALRESULTAAT:
72% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties