Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 22-05-2025 (vlak 1)



vorige toets 22 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 22-05-2025 só ingevul:



Wanneer iemand onvolwasse en irrasioneel optree, sê ons so iemand is ........ .
1 % (afgerond)kinder-agtig
97 % (afgerond)kinderagtig 
2 % (afgerond)kindagtig
1 % (afgerond)kind-agtig

Die verbindingsklank ("-er-") is 'n vorm wat slegs in komplekse woorde optree tussen bepaalde stamme of tussen 'n stam en 'n affiks.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Ons was by ’n oulike ........ in Berlyn waar ons koffie gedrink het.
2 % (afgerond)kafeekie
85 % (afgerond)kafeetjie 
13 % (afgerond)kafee'tjie

By verkleiningsvorme wat op "oo", "uu", of "ee" eindig, kom daar nie ’n afkappingsteken nie (AWS 2.4).
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.



Die brood by die bakkery is ........ ; ’n mens raak sommer honger as jy daar verby loop.
3 % (afgerond)neut vars
2 % (afgerond)neet vars
9 % (afgerond)neetvars
86 % (afgerond)neutvars 

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf ("neutvars") behalwe "wawyd oop". Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.



Johanna Muller is 'n oudinwoner van die ........ in Potchefstroom.
88 % (afgerond)Strydomhuis 
3 % (afgerond)strydomhuis
9 % (afgerond)strydomhuis of Strydomhuis

Saakname wat as eiename optree, byvoorbeeld die name van geboue, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



TOTAALRESULTAAT:
89% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties