23 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 23-05-2025 só ingevul:
Die ........ lidmate van die kerk het 'n griefskrif teen die predikant ingedien.
beswaard beswaarde besward beswarde
In geslote lettergrepe (soos in die woord “beswaarde”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Hoe kon jy dit miskyk? Dit staan dan ........ voor jou!
planeetgroot enormgroot reusgroot lewensgroot
Nog 'n intensiewe vorm vir "groot" is "reusegroot" (nie "reusgroot" nie).
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
As dit nie was vir die flinke optrede van die ambulansman wat ........ op Jan toegepas het nie, sou Marie moontlik vandag 'n weduwee gewees het.
slegs mond tot mond asemhaling slegs mond-tot-mondasemhaling mond-tot-mond-asemhaling of mond-tot-mondasemhaling slegs mond-tot-mond-asemhaling
Indien 'n woordgroep van drie of meer woorde wat op sigself nie gekoppel word nie, in 'n samestelling optree saam met 'n bykomende woord of woorde, word koppeltekens tussen al die samestellende dele van die oorspronklike woordgroep geskryf en word die bykomende woord met of sonder 'n koppelteken vas aan die res geskryf. (Bron: AWS 12.21)
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Albertus se plaas lê doer in die ........ .
boendu bundu boendoe bundoe
In verafrikaanste Afrikataalleenwoorde word die [u]-klank met ’n "oe" geskryf, byvoorbeeld "boendoe", "indoena", "maroela", "poetoe" (AWS 18.20).
Sien ook die bladsy Afrikataalleenwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)