Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 23-05-2025 (vlak 3)



vorige toets 23 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 23-05-2025 só ingevul:



Die unieke flora van die streek is van besondere belang vir die wetenskap omdat 'n ........ van fynbosspesies op 'n relatief klein gebied voorkom.
2 % (afgerond)reusenverskeidenheid
1 % (afgerond)reusverskeidenheid
75 % (afgerond)reuseverskeidenheid 
22 % (afgerond)reuse verskeidenheid

Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die maatskappy moes vanjaar verskeie poste besnoei.
Die woord "besnoei" in bostaande sin is 'n ........ .
74 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord 
14 % (afgerond)onoorgankllike hoofwerkwoord
10 % (afgerond)beskrywende hoofwerkwoord
2 % (afgerond)statiese hoofwerkwoord

In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die maatskappy besnoei poste.
'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" of "Wie?" is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Die maatskappy besnoei steeds.
'n Mens kan dit maklik vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Hoe?" is.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Ag wat, hierdie verslag sal ook maar weer ........ die doofpot gestop word.

23 % (afgerond)onder
2 % (afgerond)onderaan
2 % (afgerond)agter
73 % (afgerond)in 

Die idioom "iets in die doofpot stop" beteken 'daar sal nie weer aandag aan gegee word nie'. ʼn Doofpot is ʼn outydse houer waarin kole uitgedoof is. (Bron: WAT)

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Iemand wat akteurs of toneelspelers afrig vir ʼn film of toneelstuk noem ons 'n ........ .

1 % (afgerond)direkteur
75 % (afgerond)regisseur 
22 % (afgerond)regiseur
1 % (afgerond)vervaardiger

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “regisseur”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



TOTAALRESULTAAT:
74% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties