01 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 01-08-2025 só ingevul:
Die woord "party" in die volgende sinne is ’n ........ . Die lid van die Opposisie het na ’n ander party oorgestap. Party mense weet darem regtig nie hoe om aan te trek nie.
homoniem antoniem sinoniem homofoon
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "party" (‘groep’) en "party" (‘sommige’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Ná die ........ het die inwoners nou geen heenkome nie.
eitsetting uitsetting ytsitting uitsitting
By sommige voltooide deelwoorde ontstaan ’n klankverskil (“uitsetting”). Sulke woorde het gewoonlik ’n meer figuurlike betekenis.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Ek is uitgeput; ek gaan nou eers 'n rukkie ........ .
skuinslê kromlê platlê dwarslê
Om "skuins te lê" beteken 'om 'n rukkie te gaan rus/slaap'. 'Lie down for a while' is wat ons Engelse vriende sê. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Moenie met die TV peuter nie! Wat is die woordsoort van "peuter" in bostaande sin?
voegwoord bywoord werkwoord selfstandige naamwoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "peuter - gepeuter".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)