Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 12-08-2025 (vlak 3)



vorige toets 12 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 12-08-2025 só ingevul:



Ek stel voor dat ons die hele dag op die strand deurbring en ons in die branders ........ .
17 % (afgerond)vermui
68 % (afgerond)vermei 
15 % (afgerond)vermy

Die wederkerende werkwoord "vermei" beteken 'om te ontspan, jou te verlustig, jou te vermaak of genoeë te vind in iets'. Sy meer bekende homofoon, "vermy", beteken egter 'om iets of iemand te ontwyk'.

Sien ook die bladsy Homofone.



Sirië en Turkye is onlangs deur verwoestende ........ getref.
1 % (afgerond)slegs aardbewinge
41 % (afgerond)slegs aardbewings
1 % (afgerond)aardbewings of aarbewingen
57 % (afgerond)aardbewinge of aardbewings 

Die meervoud van "aardbewing" is "aardbewings" of "aardbewinge".
Die meeste woorde wat op "-ing" eindig, kan "-s" of "-e" in die meervoud neem.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Volgens die Islam word die profeet ........ gesien as die laaste profeet en boodskapper wat die openbaring van God ontvang het.
55 % (afgerond)Mohammed of Moegammad of Muchammad 
9 % (afgerond)slegs Muchammad of Mohammed
34 % (afgerond)slegs Mohammed
1 % (afgerond)Moegammad of Muchammad

Die spellings "Mohammed", "Moegammad" of Muchammad" word almal erken. Die woord "Mohammed" is afkomstig uit die Arabies.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Iemand wat hom/haar deur iemand anders vir allerhande soorte (vuil) werk laat gebruik, noem ons 'n ........ .

10 % (afgerond)kalvaktor
78 % (afgerond)kalfakter 
3 % (afgerond)kabouter
10 % (afgerond)kalwakter

Die woord "kalfakter" is nie so bekend nie, maar beteken 'iemand wat iemand anders se vuil werk doen' of 'n 'niks beduidende persoon'.
Die woord kom oorspronklik uit Latyn "calefactor" wat 'vuurstoker' beteken.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
65% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties