Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 11-07-2025 (vlak 1)



vorige toets 11 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 11-07-2025 só ingevul:



’n Sinoniem vir die woord "epilepsie" is ........ .
12 % (afgerond)stuipe
8 % (afgerond)konvulsie
1 % (afgerond)rukkende siekte
79 % (afgerond)vallende siekte 

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



En wie dink hy is hy nou eintlik as hy ........ en afgewater is?
99 % (afgerond)opgekook 
geopkook
1 % (afgerond)op gekook
geöpkook

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Die atleet het ........ gemaak by verlede week se kampioenskap.
2 % (afgerond)skoon-skip
8 % (afgerond)skoon skip
91 % (afgerond)skoonskip 

Die uitdrukking "skoonskip maak" beteken ‘om al die wedstryde te wen’. (Bron: Spreekwoorde – Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die hond verontagsaam al my bevele.
Wat is die woordsoort van "verontagsaam" in bostaande sin?
4 % (afgerond)bywoord
4 % (afgerond)selfstandige naamwoord
1 % (afgerond)voegwoord
91 % (afgerond)werkwoord 

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "verontagsaam", kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties