Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 09-07-2025 (vlak 3)



vorige toets 09 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 09-07-2025 só ingevul:



Haar familie is die ........ van Franschhoek.
25 % (afgerond)Terblanches
74 % (afgerond)Terblanche'e 
1 % (afgerond)Terblanche-e
Terblancheë

Die afkappingsteken word gebruik by meervouds- en verkleiningsvorme van eiename wat eindig op "e" of "r(s)" wat nie uitgespreek word nie en waarvan die meervoud met onderskeidelik "e" of "s" gevorm word.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.



Dis 'n volwaardige ........ wat op veiling is.
47 % (afgerond)Stoetjersey of stoetjersey
5 % (afgerond)stoet jersey
13 % (afgerond)stoet Jersey
35 % (afgerond)stoet-Jersey of stoetjersey 

In 'n eienaamverbinding wat optree as soortnaam en wat bestaan uit 'n nie-eienaamgedeelte ("stoet") gevolg deur 'n eienaamgedeelte ("Jersey"), word die nie-eienaamgedeelte met 'n koppelteken vas aan die eienaamgedeelte geskryf ("stoet-Jersey"). Indien eienaamverbleking plaasgevind het, kan die twee dele ook sonder koppelteken vas geskryf word ("stoetjersey").
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.



Aan die hoof van staatsdepartemente staan ........ .
17 % (afgerond)Direkteurs-generaal
2 % (afgerond)direkteurs-Generaal
29 % (afgerond)Direkteurs-Generaal
52 % (afgerond)direkteurs-generaal 

Wanneer 'n ampsbenaming ("direkteur-generaal") of die naam van 'n instelling ("staatsdepartement") 'n algemene verwysing is, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



Dis onmoontlik, jy kan nie - ........ !
5 % (afgerond)aalmiskie
aalmiskien
84 % (afgerond)almiskie 
10 % (afgerond)almiskien

Tussenwerpsels is kort woorde, gewoonlik gevolg deur ʼn uitroepteken, wat ʼn bepaalde emosie aandui. Die woord "almiskie" is 'n uitroep dat die spreker sy standpunt handhaaf.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.



TOTAALRESULTAAT:
61% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties