Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 12-08-2025 (vlak 1)



vorige toets 12 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 12-08-2025 só ingevul:



My reis na Egipte was 'n verrykende ervaring.
Wat is die woordsoort van "verrykende" in bostaande sin.
84 % (afgerond)byvoeglike naamwoord 
2 % (afgerond)voegwoord
7 % (afgerond)bywoord
7 % (afgerond)werkwoord

’n Adjektief (oftewel byvoeglike naamwoord) beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “verrykende” ervaring. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “verreikend”, “meer verreikend”, “mees verreikende”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Ek het by ʼn goeie ........ leer skilder.
2 % (afgerond)leer meester
97 % (afgerond)leermeester 
1 % (afgerond)leer-meester

ʼn Samestelling ("leermeester") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("leer" en "meester") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die ........ het op 11 Desember 1899 plaasgevind.
19 % (afgerond)slag van Magersfontein
81 % (afgerond)Slag van Magersfontein 

Die name van veldslae word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Soortname as eiename.



Bring die kat! Daardie gepiep onder die kas kan net beteken daar is 'n ........ !
2 % (afgerond)kriek
98 % (afgerond)muis 
spinnekop
1 % (afgerond)slang

Dieregeluide is woorde wat gebruik word om die geluide wat diere maak te beskryf. Die woorde is dikwels klanknabootsend van die klank wat die dier maak, maar nie altyd nie.
'n "Muis" 'piep'
'n "slang" 'sis'
'n "kriek" 'kriek' of 'tjir'
en 'n "spinnekop"... is doodstil!
Sien ook die bladsy Dieregeluide.



TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties