Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 13-08-2025 (vlak 3)



vorige toets 13 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 13-08-2025 só ingevul:



Oupa spog met twee verskillende soorte ........ in sy vrugteboord.
49 % (afgerond)druiweprieële
2 % (afgerond)druiwepriele
48 % (afgerond)druiwepriële 
2 % (afgerond)druiweprieele

Die deelteken in "druiwepriële" dui vir ons aan dat die twee vokale "ie" nie as 'n diftong uitgespreek word nie, maar wel as twee verskillende klinkers.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Ek hou daarvan om in ........ rond te snuffel; 'n mens kom baiekeer op iets interessants af.
90 % (afgerond)tweedehandseboekwinkels 
10 % (afgerond)tweedehandse boekwinkels
tweede handse boekwinkels
tweede handse boek winkels

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "tweedehandse" + selfstandige naamwoord "boek") en ʼn selfstandige naamwoord "winkel", byvoorbeeld "hoëhakskoen" en "ekonomieseklaspassasier".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die legendariese Maagd van Orléans (in Frans bekend as Jeanne d’Arc) word in Afrikaans ........ genoem.
8 % (afgerond)Joan van Arkel
4 % (afgerond)Joan van Arc
87 % (afgerond)Johanna van Arkel 
1 % (afgerond)Johanna van Arc

Johanna van Arkel is die Afrikaanse benaming vir Jeanne d'Arc (Engels 'Joan of Arc'). Verwysing: http://af.wikipedia.org/wiki/Johanna_van_Arkel
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Idioom: Iemand uit die ........ slaan.
1 % (afgerond)stadion
5 % (afgerond)stoel
huis
93 % (afgerond)veld 

Hierdie idioom beteken 'iemand uiters verbaas laat'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties