08 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 08-10-2025 só ingevul:
Die spreker ........ .
dwaal van die punt af dwaal af van die punt afdwaal van die punt
Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld “Die spreker dwaal van die punt af.” en “Hy het van die punt afgedwaal.”
Sien ook die bladsy Samestellings.
Jonge Sandra se ........ is te verstane.
naiewiteit na-iewiteit naïwiteit na-iwiteit
Die deelteken op die "i" in "naïwiteit" dui vir ons aan dat die twee vokale "ai" nie as 'n diftong uitgespreek word nie, maar wel as twee verskillende klinkers.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Die dagvaarding ........ oor sy hoof.
lê rus hang
Die uitdrukking "iets oor die hoof hang" beteken ''n bedreiging is aan die kom'. (Bron HAT)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die enigste planeet in ons sonnestelsel wat nie 'n Griekse of Romeinse naam het nie, is ........ .
aarde of Aarde Aarde aarde
Son, Maan en Aarde word met hoofletters geskryf wanneer hulle na spesifieke hemelliggame verwys. Wanneer die lidwoord "die" voor "aarde" geskryf word, skryf ons altyd "aarde". (Bron: HAT Taal- en Feitegids)
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)