08 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 08-10-2025 só ingevul:
Daar was nie minder nie as ses dames wat geklee was in spoggerige ........ tydens die dinee.
saries sarie's saris sari's
Die afkappingsteken (of apostroof) word hoofsaaklik by meervoude en verkleinwoorde gebruik wat op die letters "i", "o", "u" en 'n beklemtoonde "a" eindig. 'n Sari is die vernaamste kledingstuk wat hoofsaaklik deur Indiese vroue gedra word.
(Bron: http://en.wikipedia.org/wiki/Sari)
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.
Met die brandstofprys ........ , sal ons nie Kaap toe ook kan reis nie.
inag geneem inaggeneem in aggeneem in ag geneem
"In ag geneem" en "in ag genome" word los van mekaar geskryf, maar "inagneming" en "inagname" word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Schoemansville is langs die ........ .
Hartbeespoort Dam Hartbeespoortdam Hartebeespoort Dam Hartebeespoortdam
Geografiese name, byvoorbeeld die name van riviere en damme, begin met 'n hoofletter. As gevolg van die "t" en "b" was langs mekaar staan, spreek mense dikwels die naam uit as "Hartebeespoortdam", maar die amptelike naam is "Hartbeespoortdam". Lees meer by: https://af.wikipedia.org/wiki/Hartbeespoortdam
Sien ook die bladsy Plekname.
Jy kan nie die storie sommer vir ........ vertel nie; dit kan groot gevolge inhou as almal daarvan moet weet.
dese en gener deser en gener dese en gene deser en gene
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “dese en gene”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)