Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 18-11-2025 (vlak 1)



vorige toets 18 NOV Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 18-11-2025 só ingevul:



Die aardbewing het die ruite laat tril.
Wat is die woordsoort van die woord "tril" in bostaande sin?
1 % (afgerond)voegwoord
3 % (afgerond)adjektief
96 % (afgerond)werkwoord 
selfstandige naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui, byvoorbeeld "tril - getril".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



ʼn Harde hou op die ........ kan ʼn boksgeveg gou beëindig.

2 % (afgerond)kensbak
kennensbak
2 % (afgerond)kenbak
96 % (afgerond)kennebak 

By sommige samestellings is ’n verbindingsklank verpligtend, byvoorbeeld “kennebak”, “ambagsman”, “denneboom”, “nooiensvan” en “kinderkamer”.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Wat is die naam van die openbare vakansiedag wat op 1 Januarie gevier word?
nuwejaars dag
2 % (afgerond)Nuwe Jaarsdag
96 % (afgerond)Nuwejaarsdag 
2 % (afgerond)Nuwejaars Dag

Die name van openbare vakansiedae word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.



In die kamp in die wildtuin kon ons snags die leeus hoor ........ .
100 % (afgerond)brul 
balk
brom
blaf

Leeus brul, bere brom, honde blaf en donkies balk.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.



TOTAALRESULTAAT:
97% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties