Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 20-08-2025 (vlak 2)



vorige toets 20 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-08-2025 só ingevul:



Ons kry ........ en breuke.
1 % (afgerond)heelgetals
11 % (afgerond)heel getalle
88 % (afgerond)heelgetalle 
heel getals

ʼn Samestelling (“heelgetal”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“heel” en “getal”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word. Die woord "heelgetal" verwys na 'n getal wat nie 'n breuk is nie.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Anton vra: "Sal jy nie maar assebliéf die gras sny nie ........
82 % (afgerond)?" 
2 % (afgerond)" ?
5 % (afgerond)"?
11 % (afgerond)? "

Leestekens wat deel uitmaak van 'n aangehaalde sin, kom binne die aanhalingstekens, sonder spasies.
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.



Die Serenatasangers was 'n gewilde ........ in die sestiger- en sewentigerjare.
gesin
skare
100 % (afgerond)sanggroep 
gehoor

Die Serenatasangers het bekend gestaan as 'n "sanggroep".
Die algemene versamelnaam van 'n groep mense wat saamsing, is 'n koor; 'n skare is 'n klomp mense bymekaar; al die mense bymekaar in 'n saal wat 'n geleentheid bywoon is 'n gehoor; 'n pa, ma en hul kind/kinders vorm saam ’n gesin.

Sien ook die bladsy Versamelname.



Die ........ gaan nuwe wetgewing deurvoer om identiteitsdokumente vinniger te prosesseer.
4 % (afgerond)departement van Binnelandse Sake
93 % (afgerond)Departement van Binnelandse Sake 
2 % (afgerond)departement van binnelandse sake
1 % (afgerond)Departement van binnelandse sake

Ingevolge reël 9.9 in die AWS word soortname wat as eiename optree met aanvangshoofletters (behalwe lidwoorde en voorsetsels) geskryf. Sommige koerante verkies egter om dit met kleinletters te skryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties