27 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 27-06-2025 só ingevul:
Ons wil graag in die Switserse Alpe gaan ........ .
skii ski skie
Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Anja het 'n pakkie in die pos ........ , maar dit het nooit opgedaag nie.
vergewag verwag geverwag
Woorde wat met “be-”, “ge-”, “her-”, “er-”, “ont-” en “ver-” begin, kry nie ʼn “ge-” in die verlede tyd of verboë vorm nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Daardie ou man is van ........ getik.
looitjie looikie lotjie loikie
Die idioom "van lotjie getik wees" beteken ‘mallerig wees’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die staatsaanklaer slyp sy tande vir die landdros se uitspraak. Wat is die woordsoort van "slyp" in bostaande sin?
werkwoord selfstandige naamwoord voegwoord byvoeglike naamwoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "slyp - geslyp".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)