Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 15-08-2025 (vlak 2)



vorige toets 15 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 15-08-2025 só ingevul:



Wanneer die twee vriende in die park met hul honde gaan stap, ........ hulle graag oor die lewe.


92 % (afgerond)filosofeer 
5 % (afgerond)philosofeer
philosopheer
2 % (afgerond)filosoveer

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Die [f]-klank word nooit in Afrikaans met "ph" gespel nie, behalwe in sommige eiename, byvoorbeeld Philippolis en Philadelphia.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Alex knoei ........ met ons vyande.

agter baks
agter bak
2 % (afgerond)agterbak
98 % (afgerond)agterbaks 

Die uitdrukking "agterbaks wees", beteken 'agter iemand se rug gaan' of 'onderduims werk'. Die woord "bak" in Vroeë Nederlands het ook die betekenis van 'rug' gehad. Dit blyk ook uit die skeepsterm "bakboord" wat beteken het die 'boord agter die stuurman se rug' as hy op 'n boot met sy regterhand die roer hanteer het.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



In die Middeleeue is vroue wat van heksery beskuldig is, op ʼn ........ verbrand.

95 % (afgerond)slegs brandstapel  
1 % (afgerond)slegs brand-stapel
3 % (afgerond)brand stapel of brand-stapel
slegs brand stapel

ʼn Samestelling ("brandstapel") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("brand" en "stapel") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



'n Sinoniem vir die woord "voorskryf" in die volgende sin is ........ .
Ek gaan nie toelaat dat jy vir my voorskryf wat om te doen nie.
2 % (afgerond)beskryf
95 % (afgerond)dikteer 
3 % (afgerond)aanskryf

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "voorskryf - dikteer".
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
95% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties