Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 01-07-2025 (vlak 1)



vorige toets 01 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 01-07-2025 só ingevul:



Jy moet jou huis beveilig om dit teen boewe te beskerm.
Die woord "beveilig" is 'n ........ .
2 % (afgerond)voegwoord
3 % (afgerond)selfstandige naamwoord
4 % (afgerond)bywoord
91 % (afgerond)werkwoord 

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "beveilig" kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Vera was verlede week in die hospitaal om haar ........ te laat verwyder.
gal blas
98 % (afgerond)galblaas  
1 % (afgerond)gal blaas
1 % (afgerond)galblas

ʼn Samestelling (“galblaas”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“gal” en “blaas”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



........ mag nie sonder hul ouers se toestemming eiendom koop of in die huwelik tree nie.
92 % (afgerond)Minderjariges 
2 % (afgerond)minderjariges
minderjarigens
5 % (afgerond)Minderjarigens

Die eerste woord van ʼn sin ("Minderjariges") begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



Sy was ........ van die skrik toe die slang voor haar verby seil.
3 % (afgerond)waasbleek
waas bleek
95 % (afgerond)wasbleek 
2 % (afgerond)was bleek

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”.
Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.



TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties