Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 01-07-2025 (vlak 3)



vorige toets 01 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 01-07-2025 só ingevul:



Ena Jansen het repliek gelewer op die ........ in die akademiese joernaal.
artikil
artiekil
1 % (afgerond)artiekel
99 % (afgerond)artikel 

Die klank [Ə] word deur "e" weergegee in onbeklemtoonde lettergrepe.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Oupa het Ouma 'n ........ kyk gegee.
97 % (afgerond)veelseggende 
2 % (afgerond)veelsêende
1 % (afgerond)veelgesogte
1 % (afgerond)veelgesegte

Wanneer die byvoeglike naamwoord attributief gebruik word, soos in dié geval, kry die byvoeglike naamwoord 'n "-e" aan die einde: "'n veelseggende kyk". Wanneer die byvoeglike naamwoord predikatief gebruik word, kry dit nie 'n "-e" aan die einde nie: "Oupa se kyk na Ouma was veelseggend."
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Charlemagne staan in Afrikaans bekend as ........ .
2 % (afgerond)Karel Die Grootte
10 % (afgerond)Karel Die Grote
9 % (afgerond)Karel die Grootte
79 % (afgerond)Karel die Grote 

Aan sommige name word 'n bepaling toegevoeg wat deel van die naam van die betrokke persoon word; dit word 'n toenaam genoem. In so 'n geval begin die hoofdele van die toenaam (byvoorbeeld telwoorde of byvoeglike naamwoorde, maar nie lidwoorde nie) met 'n hoofletter.
"Grote" verwys na iets of iemand wat groot is ('a big/large one'), terwyl "grootte" na die omvang verwys ('size').
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Die kwessie ........ die huiswerk is opgelos.
29 % (afgerond)rondom
2 % (afgerond)hangende
op
70 % (afgerond)aangaande 

"Rondom" is 'n onakkurate modewoord in hierdie konteks. "Aangaande" is die meer korrekte vorm. "Rakende" sou ook gebruik kon word.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties