Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 19-08-2025 (vlak 2)



vorige toets 19 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 19-08-2025 só ingevul:



Ronald is 'n ........ ingenieur.
2 % (afgerond)elektronise
1 % (afgerond)elektronisch
94 % (afgerond)elektroniese 
4 % (afgerond)elektronies

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Dit is baie moeilik om met Mien saam te werk; sy is baie ........ .
3 % (afgerond)hartkoppig
97 % (afgerond)hardkoppig 
hardkoppeg
hartkoppeg

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “d” en “t”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die ........ van die Nelson Mandela Universiteit het die studente toegespreek.
18 % (afgerond)slegs Rektor
51 % (afgerond)rektor of Rektor 
30 % (afgerond)slegs rektor

'n Ampsbenaming ("rektor") wat na 'n individu verwys, begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



Haar woede is ........ ; as dit met jou gebeur het, sou jy ook kwaad gewees het.

reggeverdig
6 % (afgerond)geregverdigd
11 % (afgerond)regverdig
83 % (afgerond)geregverdig 

Die woorde "geregverdig" en "regverdig" word soms verwar. Die woord "geregverdig" beteken 'waarvoor daar 'n goeie verduideliking is'. Die woord "regverdig" beteken 'volgens wat iemand verdien'.
Bron: HAT Skoolwoordeboek
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties