Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 29-08-2025 (vlak 2)



vorige toets 29 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 29-08-2025 só ingevul:



Die woord "graaf" in die volgende sinne is 'n voorbeeld van 'n ........ .
Pa werk in die tuin met 'n vurk en 'n graaf.
Graaf Spencer, wat in Constantia in die Kaap woon, is die broer van oorlede prinses Diana.
1 % (afgerond)sinoniem
22 % (afgerond)homofoon
2 % (afgerond)antifoon
74 % (afgerond)homoniem 

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “graaf” (‘tuinwerktuig’) en “graaf” (‘adellike titel’).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



'n Pluksel is 'n versamelnaam vir 'n klomp ........ .
7 % (afgerond)slegs blomme en blare
1 % (afgerond)slegs verbode vrugte
12 % (afgerond)slegs blomme
79 % (afgerond)vere, vrugte of groente 

'n Versamelnaam (of versamelwoord) is ’n selfstandige naamwoord wat ’n versameling dinge van dieselfde soort aandui. Die woord "pluksel" kan gebruik word vir voorwerpe wat 'n mens kan pluk, byvoorbeeld blomme, boontjies, ertjies, gras, hawer, katoen, lemoene, lusern, tee.
Bron: WAT
Sien ook die bladsy Versamelname.



Arnold en Janine beplan om hulle ........ op 'n tropiese eiland deur te bring.
witte brood
99 % (afgerond)wittebrood 
1 % (afgerond)witbrood
wit brood

Byvoeglike naamwoorde (soos "wit" of "warm") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "brood" of "kos") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het, vorm die twee begrippe 'n eenheid en word hulle dan vas as een woord geskryf. Die woord "wittebrood" is 'n vaste begrip wat ontstaan het deur die betekenisverdigting van die twee woordelemente "wit(te)" en "brood" tot die konsep van 'n 'huweliksreis' of 'vakansie ná 'n troue'.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Die nuwe swembadpomp werk goed om die water te ........ .
2 % (afgerond)hersurkileer
hersukleer
1 % (afgerond)hersikleer
97 % (afgerond)hersirkuleer 

Die woord "hersirkuleer" verwys na iets wat om en om in 'n sirkel beweeg, terwyl "hersikleer" beteken dat iets herwin ('recycle') word.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties