18 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 18-11-2025 só ingevul:
Die aardbewing het die ruite laat tril. Wat is die woordsoort van die woord "tril" in bostaande sin?
voegwoord adjektief werkwoord selfstandige naamwoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui, byvoorbeeld "tril - getril".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
ʼn Harde hou op die ........ kan ʼn boksgeveg gou beëindig.
kensbak kennensbak kenbak kennebak
By sommige samestellings is ’n verbindingsklank verpligtend, byvoorbeeld “kennebak”, “ambagsman”, “denneboom”, “nooiensvan” en “kinderkamer”.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Wat is die naam van die openbare vakansiedag wat op 1 Januarie gevier word?
nuwejaars dag Nuwe Jaarsdag Nuwejaarsdag Nuwejaars Dag
Die name van openbare vakansiedae word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.
In die kamp in die wildtuin kon ons snags die leeus hoor ........ .
brul balk brom blaf
Leeus brul, bere brom, honde blaf en donkies balk.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)