Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 07-10-2025 (vlak 3)



vorige toets 07 OKT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 07-10-2025 só ingevul:



Groen druiwe het 'n ........ smaak.
76 % (afgerond)vrank 
1 % (afgerond)franck
1 % (afgerond)vranck
22 % (afgerond)frank

"Vrank" beteken suur en onaangenaam, terwyl "frank" onder andere 'n ou munteenheid in Frankryk was.
Sien ook die bladsy Homofone.



Die raad wil nie sê hoe die stelsel ........ gaan word nie.
14 % (afgerond)geimplimenteer
2 % (afgerond)ge-implementeer
4 % (afgerond)implementeer
80 % (afgerond)geïmplementeer 

By woorde wat uit meer as twee lettergrepe bestaan en op “-eer” eindig, is die “ge-“ in die verledetydsvorm verpligtend (AWS 19.4).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Iemand wat van Kirkoek afkomstig is, noem mens 'n ........ .
17 % (afgerond)Kirkoekaan
44 % (afgerond)Kirkoek 
10 % (afgerond)Kirkoekiaan
30 % (afgerond)Kirkoeker

Iemand wat van Kirkoek kom, is 'n "Kirkoek" met "Kirkoekse" gewoontes.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Die ........ geslagsrol dui op die onderskrywing van beide manlike en vroulike rolle.
11 % (afgerond)androgenetiese
13 % (afgerond)androgeniese
63 % (afgerond)androgene
14 % (afgerond)androgiene 

Die byvoeglike naamwoord "androgiene" beteken 'wat betrekking het op beide geslagte', terwyl die byvoeglike naamwoord "androgene" beteken 'wat betrekking het op die manlike geslag'. Die vorme "androgenies" en "androgeneties" word nie in Afrikaans gebruik nie.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
53% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties