Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 28-07-2025 (vlak 1)



vorige toets 28 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 28-07-2025 só ingevul:



ʼn Gesonde dieet versterk ʼn mens se ........ en voorkom dat jy maklik siek word.
3 % (afgerond)iemuniteit
1 % (afgerond)iemmuniteit
94 % (afgerond)immuniteit 
2 % (afgerond)imuuniteit

Die klanke [a:], [e], [o] en [y] word in oop lettergrepe nie verdubbel nie. (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Die ........ het maar min oorgehou nadat hul woonwa weggespoel het.
44 % (afgerond)Bothma’s
54 % (afgerond)Bothmas 
2 % (afgerond)Bothmas’

Woorde wat op "a", "e", "i", "o", "u" wat nie ’n tweeklank is nie eindig ("Bothma"), kry "-s" in die meervoud (AWS 13.5).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Suid-Afrika se nasionale blom is die ........ .
2 % (afgerond)groot protea
11 % (afgerond)Suid-Afrikaanse protea
85 % (afgerond)koningsprotea  
2 % (afgerond)pienk protea

Die "Protea cynaroides" het 'n paar gewone name in Afrikaans: "koningsprotea", "reuseprotea", "heuningpot" of "koningsuikerbos". Name van plante en diere word met kleinletters geskryf.
https://af.wikipedia.org/wiki/Koningsprotea
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.



"Die Fledermaus" is ’n bekende ........ van Johann Strauss II.
6 % (afgerond)operetta
5 % (afgerond)operasie
3 % (afgerond)operatjie
86 % (afgerond)operette 

Vreemde woorde wat verafrikaans word ("operette"), word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "operette" is inderwaarheid die verafrikaanste verkleiningsvorm van "opera" in Italiaans.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties