Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 29-09-2025 (vlak 2)



vorige toets 29 SEP Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 29-09-2025 só ingevul:



Wat is die korrekte manier om die woord "vroutjie" oor twee reëls af te breek?
vrout-jie
100 % (afgerond)vrou-tjie 

Indien die stam van 'n woord nie op "d" of "t" eindig nie en die verkleinwoord gevorm word deur die toevoeging van "-tjie", word daar altyd voor die "-tjie" afgebreek (AWS 1.15).
Sien ook die bladsy Woordafbreking.



My rekenaar het 'n nuwe ........ nodig.
3 % (afgerond)harde skyf
hard skyf
harde-skyf
96 % (afgerond)hardeskyf 

Byvoeglike naamwoorde (soos “hard” of “warm”) word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos “skyf” of “bord”) geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Sipiwe luister graag na ........ musiek.
klassiek
20 % (afgerond)klasieke
80 % (afgerond)klassieke 

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Idioom: ........ eer jy begin.
Ontgin
1 % (afgerond)Bedink
98 % (afgerond)Besin 

Die idioom "besin eer jy begin" beteken 'dink eers mooi na voordat jy iets doen'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
93% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties