07 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 07-10-2025 só ingevul:
Die somer was relatief warm. Wat is die woordsoort van "relatief" in bostaande sin?
voegwoord adjektief werkwoord bywoord
'n Bywoord beskryf die werkwoord of 'n adjektief. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe warm was die somer? Die antwoord: relatief.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Rhoda is ........ na die telefoonnommer van die bekende teler in Kaapstad.
opsoek op soek soek op op-soek
In die sin "op soek na" word "op soek" los geskryf; in die werkwoordvorm "ek moet iets opsoek" word dit vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.
In ........ het die mense ’n kenmerkende manier van praat.
namakwaland namaqualand Namakwaland Namaqualand
Eiename en plekname ("Namakwaland") word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
As jy jonk, maar ervare is, sê ons in die idioom: "Bietjie baard, maar ........ ".
baie hare klipsteenhard baie vaart
Leer meer oor Afrikaanse idiome by http://www.gesegdes.co.za/idiome/idiome.html.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)