07 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 07-10-2025 só ingevul:
Jou ........ foute gaan jou duur te staan kom.
slegs agterlosige slegs agtelosig agtelosige of agterlosige slegs agterlosig
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("agtelosig"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan. Die AWS erken beide "agtelosige" en "agterlosige".
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Gert is in ʼn ........ toestand in die hospitaal ná die skietery.
bedenklikke bedenklik bedenklike
Konsonante wat op ’n [ə] volg, word nie verdubbel nie, byvoorbeeld "bedenklike", "onmiddellike" en "monnike" (AWS 11.28a).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.
Die karkas van 'n ........ het op die strand naby Hermanus uitgespoel.
suidelike noorkapper suidelike Noorkapper Suidelike noorkapper Suidelike Noorkapper
Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters al is die eerste deel van die samestelling van die naam ’n eienaam, byvoorbeeld "suidelike noorkapper", "sederbergghwarrie", "zambezihaai" (AWS 9.7a). In Nederlands staan die "suidelike noorkapper" as die "zuidkaper" bekend teenoor die "noordkaper" wat in die noordelike halfrond voorkom.
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.
Jy kan die tjek daar by die kassier wissel. 'n Sinoniem vir die woord "kassier" is ........ .
geldman kashouer telklerk tjekomruiler
Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. 'n Sinoniem vir "kassier" is "kashouer" of "geldklerk".
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)