Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 11-08-2025 (vlak 3)



vorige toets 11 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 11-08-2025 só ingevul:



'n Sinoniem vir die woord "firmament" is ........ .
2 % (afgerond)vermaan
84 % (afgerond)uitspansel 
5 % (afgerond)horison
9 % (afgerond)verdigsel

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



Ons katjie is vir 'n haas so bang soos 'n bok vir 'n ........ .
15 % (afgerond)vangriem
8 % (afgerond)sambok
7 % (afgerond)knyptang
69 % (afgerond)skoot hael 

Hierdie vergelyking beteken 'om baie bang te wees'.
Sien ook die bladsy Vergelykings.



Ons het altyd 'n ........ vol petrol in die kar vir noodgevalle.
84 % (afgerond)twintigliterhouer 
6 % (afgerond)twintig liter houer
3 % (afgerond)twintig literhouer
8 % (afgerond)twintigliter houer

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit 'n woordgroep (telwoord + selfstandige naamwoord) en 'n selfstandige naamwoord.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Ons het gewag vir Clem Sunter om sy "keynote address" te lewer.
Wat is die Afrikaans vir "keynote address"?
3 % (afgerond)nootrede
40 % (afgerond)sleutelrede
6 % (afgerond)sleutelnootrede
52 % (afgerond)programrede 

Die Afrikaans vir die Engelse "key-note address" is "programrede". Die term kom uit Amerikaanse Engels en
is gewoonlik die beskrywing van die sentrale tema van 'n konferensie.
(Bronne: Oxford English Dictionary en Pharos Groot Woordeboek)
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



TOTAALRESULTAAT:
72% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties