Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 08-11-2019 (vlak 2)



vorige toets 08 NOV Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 08-11-2019 só ingevul:



Ná hierdie besige week is ek behoorlik ........ .


94 % (afgerond)poegaai 
1 % (afgerond)poggaai
4 % (afgerond)poeggaai
1 % (afgerond)pogaai

ʼn Konsonantletter wat tussen ʼn kort [i], [y] of [u] of ʼn [ø:] en ʼn volgende vokaalletter staan, word nie verdubbel nie.
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.




Soos koeie bulk, so ........ donkies.


95 % (afgerond)balk 
1 % (afgerond)brul
3 % (afgerond)runnik
1 % (afgerond)loei

Koeie bulk, bulle brul en donkies balk.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.




Die huis spog met 'n ........ en 'n swembad.


85 % (afgerond)dubbelmotorhuis 
9 % (afgerond)dubbel motorhuis
5 % (afgerond)dubbelemotorhuis

Die woord "dubbel" is 'n selfstandige naamwoord. Wanneer dit in kombinasie met nog 'n selfstandige naamwoord geskryf word ("dubbel + motorhuis") vorm dit 'n samestelling en word dit vas geskryf. Die woord "dubbele" is egter 'n byvoeglike naamwoord en word gewoonlik los van die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Baie mense verkies deesdae roosblare bo ........ by troues.


14 % (afgerond)konvetti
1 % (afgerond)komvettie
45 % (afgerond)confetti 
41 % (afgerond)konfettie

Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings. In hierdie geval word die verafrikaanste vorm "konfetti" ook erken.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.




TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties