Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 25-07-2025 (vlak 2)



vorige toets 25 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-07-2025 só ingevul:



Namate 'n mens ouer word, ontstaan daar ........ wat betref 'n mens se kragte en gesondheid.
1 % (afgerond)rigressie
5 % (afgerond)regresie
93 % (afgerond)regressie 
2 % (afgerond)reggresie

’n Konsonant woorde wat volg op ’n kort vokaal wat die hoofklem van ’n woord dra, word verdubbel (AWS 11.23).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.



Sanet is só opgewonde, sy babbel ........ .
2 % (afgerond)sand-en-land
1 % (afgerond)sand en land
46 % (afgerond)land en sand 
50 % (afgerond)land-en-sand

Om "land en sand" te praat, beteken om aanmekaar, sonder ophou te praat.
Leer meer oor Afrikaanse idiome by http://www.gesegdes.co.za/idiome/idiome.html
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die Gautengse Departement van Gemeenskapsveiligheid het swak ........ die skuld gegee vir die polisie se mislukte poging om misdaad te bekamp.
41 % (afgerond)polisieintelligensie
9 % (afgerond)polisie intelligensie
39 % (afgerond)polisie-intelligensie 
11 % (afgerond)polisieïntelligensie

In sommige samestellings moet 'n mens 'n koppelteken gebruik, byvoorbeeld by opeenhoping van klinkers. As die eerste deel van die samestelling op 'n klinker eindig en die tweede deel met 'n klinker begin, kan 'n mens moontlik die woord verkeerd uitspreek omdat 'n mens die klinkers saamtrek.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Insulien word deur die pankreas afgeskei.
'n Sinoniem vir die woord "pankreas" is ........ .
64 % (afgerond)alvleesklier 
8 % (afgerond)netvliesklier
24 % (afgerond)insulienklier
3 % (afgerond)suikerklier

Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. 'n Sinoniem vir "pankreas" is "alvleesklier".
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
61% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties