Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 14-08-2024 (vlak 1)



vorige toets 14 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 14-08-2024 só ingevul:



Die gebruik van ........ om vee te beskerm kom deesdae algemeen voor.
30 % (afgerond)lama’s
2 % (afgerond)lamma’s
62 % (afgerond)lamas 
6 % (afgerond)lammas

Woorde wat op "a", "e", "i", "o", "u" wat nie ’n tweeklank is nie ("lama") eindig, kry "-s" in die meervoud (AWS 13.5).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



My gunstelingkleur is ........ .
roodt
roi
86 % (afgerond)rooi 
14 % (afgerond)rood

Diftonge, oftewel tweeklanke, is ʼn opeenvolging van vokaalklanke wat sonder onderbreking uitgespreek word. Diftonge word nie met enige ander leestekens gespel nie.
Sien ook die bladsy Diftonge.



Ek wil die ........ rooi verf en die deur wit.
95 % (afgerond)deurkosyn 
2 % (afgerond)deur-kosyn
3 % (afgerond)deurkosein
deur kosein

ʼn Samestelling ("deurkosyn") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("deur" en "kosyn") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die huis het 'n besondere hoë ........ .
1 % (afgerond)plafón
4 % (afgerond)plaffon
91 % (afgerond)plafon 
3 % (afgerond)plavon

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "plafon" kom uit Frans.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties