Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 22-08-2024 (vlak 3)



vorige toets 22 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 22-08-2024 só ingevul:



Die manlike vorm van "blondine" is ........ .
87 % (afgerond)blonde man 
1 % (afgerond)blont
12 % (afgerond)blondeur

Sommige manlike en vroulike vorms is maklik om af te lei; ander moet egter aangeleer word, byvoorbeeld "blonde man - blondine", "lugwaardin - vlugkelner", "strooimeisie - strooijonker".
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.



In die tuin groei daar 'n pragtige ........ .
94 % (afgerond)affodil 
1 % (afgerond)affodul
4 % (afgerond)affoddil
2 % (afgerond)afoddil

Die konsonant wat volg op 'n kort vokaal word gewoonlik verdubbel.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Ses van die ........ van die 1 100 kVA-panele voorsien krag in geval van 'n kragonderbreking.
45 % (afgerond)reuse-Cat-noodkragstelle 
35 % (afgerond)reuse Cat-noodkragstelle
5 % (afgerond)reuse Cat noodkragstelle
15 % (afgerond)reuseCatnoodkragstelle

Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie die toets van 'n byvoeglike naamwoord slaag nie in die sin dat dit nie ná 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Daar is baie ........ langs die skoonveld van die gholfbaan geplant.
62 % (afgerond)kikoejoe 
18 % (afgerond)kikuyu
5 % (afgerond)kiekoejoe
15 % (afgerond)kikuju

Met Afrikataalleenwoorde word die spelling soms verafrikaans, soos in hierdie geval.
Sien ook die bladsy Afrikataalleenwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
72% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties