Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 30-08-2024 (vlak 1)



vorige toets 30 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 30-08-2024 só ingevul:



Die woorde "lap", "doek" en "materiaal" is ........ van mekaar.
5 % (afgerond)homofone
1 % (afgerond)antonieme
87 % (afgerond)sinonieme 
7 % (afgerond)homonieme

Sinonieme ("lap", "doek", en "materiaal") is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



Die ruiter het die perd ’n paar ........ gegee dat hy vinniger moet hardloop.
2 % (afgerond)rappens
15 % (afgerond)rappe
83 % (afgerond)rapse 
rapsens

Naamwoorde wat op "b", "d", "f", "g", "k", "p", "s" en "t" eindig, kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Tydens 'n besoek aan my ma is ou ........ weer oopgekrap.
99 % (afgerond)wonde 
1 % (afgerond)bokse
kaste
1 % (afgerond)gate

Die idioom "ou wonde oopkrap", beteken 'oor sake praat wat vroeër onaangenaamheid veroorsaak het'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die voorsitter open die vergadering.
Wat is die woordsoort van "open" in bostaande sin?
1 % (afgerond)voornaamwoord
96 % (afgerond)werkwoord 
1 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
2 % (afgerond)selfstandige naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "open - geopen".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties