Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Sinonieme

Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Byvoorbeeld:

  • Die afrigter/breier van 'n span
  • Sy sit en werk by haar lessenaar/skryftafel.

Hoewel twee woorde soms min of meer dieselfde betekenis kan hê, is dit nie vanselfsprekend dat albei ewe goed op elke plek inpas nie, want die gevoelswaarde en toon kan verskil. Vergelyk byvoorbeeld: Die heelal is oneindig/eindeloosEindeloos en oneindig beteken albei sonder einde, maar oneindig beteken ook buitengewoon groot of onbegrens. Eindeloos druk soms 'n negatiewe gevoel uit (byvoorbeeld: Hulle het oor die eindelose sandduine voortgestrompel).

 

Voorbeelde van sinonieme

  • aaklig: lelik, sleg, afgryslik
  • beskryf: uitbeeld, voorstel, omskryf
  • bly: opgewonde, verheug
  • chemie: skeikunde
  • kontinent: vasteland, landmassa
  • kwaad: woedend, boos, omgekrap
  • moeg: uitgeput, tam, energieloos
  • niksnuts: deugniet, karnallie, rakker
  • siek: ongesteld, onwel, ongesond, mankoliek
  • wanhopig: desperaat





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties