Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 30-08-2024 (vlak 2)



vorige toets 30 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 30-08-2024 só ingevul:



Ek het nie nou tyd vir ........ nie; ek het werk om te doen.
3 % (afgerond)redekavel
redikavel
92 % (afgerond)redekawel 
4 % (afgerond)redikawel

Die [ә]-klank word in onbeklemtoonde lettergrepe en sommige voorvoegsels met “e” geskryf (AWS 16.14).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Die burgerregteorganisasie is in 'n hofstryd met universiteite ........ oor moedertaalonderrig.
3 % (afgerond)toegewikkel
1 % (afgerond)ontwikkel
96 % (afgerond)gewikkel 

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “rasend honger”; “in 'n stryd gewikkel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Sy ........ met ʼn sierlike sprong in die swembad ........ .
52 % (afgerond)duik; in 
1 % (afgerond)induik; in
47 % (afgerond)duik; geen woord
induik; geen woord

Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld “Sy duik in die swembad in.” en “Sy gaan in die swembad induik.”
Sien ook die bladsy Samestellings.



Europa het deesdae met verskeie voorvalle van ........ te kampe.
18 % (afgerond)tereur
tereer
81 % (afgerond)terreur 
terreer

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "terreur" kom van Frans.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties