30 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 30-08-2024 só ingevul:
Menige ........ is ingedien.
laataansoeke laat aansoek
laataansoek
laat-aansoeke
Die kwantifiseerder "menige" kombineer met telbare selfstandige naamwoorde in die enkelvoud, byvoorbeeld "menige mens/restourant/hond". Dit is foutief om te sê "menige jare" (meervoud), of "menige polisie" (ontelbaar). Die frase "laat aansoek" bestaan uit 'n byvoeglike naamwoord ("laat") en selfstandige naamwoord ("aansoek"). Anders as in die geval van byvoorbeeld "laatlammetjie" is daar nie sprake van betekenisverdigting nie en dus geen rede om dit vas te skryf nie.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
Die regter het die moordenaar se vonnis voltrek en haar tronk toe gestuur. Wat is die woordsoort van "voltrek"?
onafhanklike hoofwerkwoord
statiese hoofwerkwoord oorganklike hoofwerkwoord
onoorganklike hoofwerkwoord
In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die regter voltrek die vonnis. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Dit is nie net bere wat brom nie, ........ brom ook.
leeus
uile
renosters volstruise
Leeus brul, renosters snork en uile hoe-hoe, roep of steun.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
ʼn Inwoner van Moskou is 'n ........ .
Moskowiet
Moskouër
Moskouliet
Moskower
Iemand wat van Moskou (die hoofstad van Rusland) kom, word ʼn "Moskowiet" of "Moskouer" (sonder ʼn deelteken-e) genoem. In die AWS is ʼn omvattende lys van buitelandse geografiese name met afleidings.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)