Mobiele weergawe | Na groot weergawe
Normaalweg skryf ons byvoeglike naamwoorde los van selfstandige naamwoorde, byvoorbeeld mooi huis, lang man, rooi hemp.
Maar wat van die volgende woorde?
Dit is voorbeelde van betekenisverdigting. Daarmee bedoel ons woorde wat met verloop van tyd 'n betekenis verkry het wat anders is as wanneer die woorde los geskryf sou wees (kyk reël 14.31 in die AWS).
Kom ons kyk weer na die voorbeelde hierbo en vergelyk dit met die betekenisverskil as dit los geskryf sou wees.
Die eenvoudigste toets vir betekenisverdigting is dat daar ʼn vaste vorm met ʼn ander betekenis (blindevink) naas die woordgroep (blinde vink) moet bestaan.
Baie mense wil konsepte soos blinde sambok (gesê wanneer ʼn ongeluk ʼn kwajong oorkom), groen lig (soos in Gee hom die groen lig om voort te gaan met die werk) en rooi pen (gesê wanneer iemand iets noukeurig nasien) vas skryf, omdat hulle dink dat betekenisverdigting ingetree het. In hierdie gevalle is dit egter gewone metafore, net soos die silwer randjie van ʼn wolk, of as iemand jou met groot oë aankyk. Ons weet dat ʼn groen lig by ʼn robot beteken dat jy maar kan voortgaan, en ons gebruik dus dieselfde konsep om te sê iemand kan maar voortgaan met sy/haar werk. Daar is dus in wese nie ʼn betekenisverskil tussen die groen lig van ʼn robot en die metaforiese groen lig nie. Betekenisverdigting is dus nie ter sprake nie en die woordgroep (blinde sambok, groen lig en rooi pen) word dus los geskryf.
Woorde waarop betekenisverdigting dikwels van toepassing is, is die name van diere, plante en siektes.
Byvoorbeeld: