Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 03-09-2024 (vlak 1)



vorige toets 03 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 03-09-2024 só ingevul:



Die maatskappy moes vanjaar verskeie poste besnoei.
Watter woordsoort is die woord "besnoei" in die sin hierbo?
1 % (afgerond)bywoord
97 % (afgerond)werkwoord 
byvoeglike naamwoord
2 % (afgerond)selfstandige naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "ontruim" kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Weens die droogte moes boere byna al hul skape ........ .
3 % (afgerond)keel af sny
25 % (afgerond)keelaf sny 
45 % (afgerond)keelafsny
27 % (afgerond)keel afsny

Die woord "keelaf" is 'n samestelling van 'n naamwoord "keel" en 'n setsel "af". Ander voorbeelde sluit in "bergop", "dagin en daguit", "koopaf" en "stroomop". Samestellings moet vas geskryf word (AWS 15.3).
Sien ook die bladsy Samestellings.



........ , maar dan sal jy ’n ander plan moet maak!
84 % (afgerond)O 
15 % (afgerond)Oo
1 % (afgerond)oo
1 % (afgerond)o

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



Uitdrukking: 'n Mens moet by die ........ begin.
23 % (afgerond)kop
75 % (afgerond)begin 
middel
2 % (afgerond)stert

Die uitdrukking "'n mens moet by die begin begin", beteken ''n Mens moet 'n taak op 'n stelselmatige manier doen.'
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties