Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 03-09-2024 (vlak 2)



vorige toets 03 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 03-09-2024 só ingevul:



Kaapstad is aan die voet van die wêreldbekende Tafelberg geleë en is een van die ........ internasionale bestemmings vir toeriste.

1 % (afgerond)gesoekste
1 % (afgerond)mees gesoekte
17 % (afgerond)mees gesogste
81 % (afgerond)mees gesogte 

In die oortreffende trap word die woord “mees” nooit saam met “-ste” gebruik nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Ek sit in 'n ........ ; my motor wil nie vat nie, so ek sal nie vanaand kan kom kuier nie.
1 % (afgerond)pinnari
94 % (afgerond)penarie 
3 % (afgerond)pinarie
3 % (afgerond)pennarie

Die [ә]-klank word in onbeklemtoonde lettergrepe en sommige voorvoegsels met “e” geskryf (AWS 16.14).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Die ........ van Mosselbaai het die verrigtinge geopen.
18 % (afgerond)burgermeester of Burgermeester
11 % (afgerond)Burgemeester
42 % (afgerond)burgemeester of Burgemeester 
29 % (afgerond)burgemeester

'n Ampsbenaming wat na 'n individu verwys, begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



Sal jy asseblief die baba se luier omruil?
Die motor luier by die verkeerslig.
Die woord "luier" in bostaande sinne is 'n ........ ?
2 % (afgerond)antoniem
22 % (afgerond)homofoon
4 % (afgerond)poliseem
72 % (afgerond)homoniem 

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “luier” (‘doek’) en “luier” (‘voertuig wat stadig loop’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
72% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties