Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 06-09-2024 (vlak 1)



vorige toets 06 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 06-09-2024 só ingevul:



Misdaad het 'n alledaagse verskynsel geword.
'n Sinoniem vir "alledaagse" in bostaande sin is ........
97 % (afgerond)gewone 
2 % (afgerond)kommerwekkende
interessante
1 % (afgerond)besonderse

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "alledaags - gewoon", "lawaai - geraas", "nagalm - eggo".
Antonieme is woorde wat min of meer die teenoorgestelde betekenis van mekaar het.

Sien ook die bladsy Sinonieme.



My ouma ly aan ........ .
2 % (afgerond)spataars
3 % (afgerond)spatarens
92 % (afgerond)spatare 
3 % (afgerond)spat are

Naamwoorde wat op "l", "m", "n", "ng" of "r" eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is, kry ’n "-e" in die meervoud (AWS 13.2).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Idioom: Die ........ uit die mou laat.
1 % (afgerond)slang
95 % (afgerond)aap 
5 % (afgerond)kat
hond

Die idioom "die aap uit die mou laat", beteken ‘die geheim is openbaar gemaak’. Die Engelse weergawe van hierdie spreekwoord is, ‘let the cat out of the bag’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Mankoe vertroetel die katjie in haar hande.
Die woordsoort van "vertroetel" is 'n ........ .
1 % (afgerond)selfstandige naamwoord
98 % (afgerond)werkwoord 
voegwoord
bywoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "vertroetel" kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
95% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties