Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 21-01-2025 (vlak 1)



vorige toets 21 JAN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 21-01-2025 só ingevul:



Die huise staan aanmekaar sover jy kan sien.
Wat is die woordsoort van die woord "aanmekaar" in bostaande sin?
7 % (afgerond)selfstandige naamwoord
31 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
60 % (afgerond)bywoord 
3 % (afgerond)werkwoord

'n Bywoord beskryf die werkwoord of 'n adjektief. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe staan die huise? Die antwoord: aanmekaar.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Ek het vir jou ’n paar opmerkings in die ........ geskryf.
1 % (afgerond)kant lyn
1 % (afgerond)kandlyn
98 % (afgerond)kantlyn 
kand-lyn

ʼn Samestelling ("kantlyn") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("kant" en "lyn") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Johannes is 'n ........ in die landdroskantoor.

KLERK
2 % (afgerond)Klerk
98 % (afgerond)klerk 

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “kunstenaar”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Die kraaie se ........ dryf my tot raserny!
4 % (afgerond)gegaggel
86 % (afgerond)gekrys 
2 % (afgerond)gekwaak
8 % (afgerond)gekwetter

Die geluid wat kraaie maak is krys.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.



TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties